Ek het nog altyd geweet dat my liefde vir die natuur diep binne my gewortel is.
Van die dag wat ek gesien het wat Bhejane vir my kan bied het ek onmiddelik besluit om deel te word van die 3 maande kursus, min het ek geweet dat ek kort daarna sonder huiwer sou aansluit by die 3 jaar kursus. Ek het nie besef ek stap in by een groot familie nie. Ek was eintlik so bevoorreg dat ek so kort nadat ek die grootmens wêreld betree reeds my tuiste kon vind. Bhejane is my huis weg van die huis af. Om te kan wakker word in die getjirp van die voëls & te kan rustig raak in die aand voor die ongelooflikste sonsonderdergange hier in Zulu land, gee net nuwe mening tot lewe want ek dink selde aan hoe baie ek eintlik het om voor dankbaar te wees.

Elke gesig wat mens in die oggend sien straal ń ander emosie uit. Emosie van blydskap, emosie van hartseer, emosie van verlange of emosie van liefde. Almal bied altyd ń skouer aan, almal is altyd daar om saam jou bly te wees & daar is altyd ń ekstra handjie wat wil help. My hart word warm as ek besef dat daar steeds sulke goeie mense in die wêreld is.
Bhejane bestaan uit slegs hoendervleis oomblikke uit. Daar gaan nie ń dag verby waar mens nie sê “wow, dis crazy” of “ek het nooit geweet nie”. Jy leer elke dag iets nuut van die natuur & selfs meer as wat jy besef iets oor jouself. Bhejane stel jou nooit teleur as dit kom by die natuur nie. Jy groei & verander saam die seisoene. Ek is bevoorreg om my fondasie in hierdie industrie by Bhejane te kan neerlê, om blootgestel te word in alles waarin ek nou blootgestel word maak my net nog meer opwindend vir wat die toekoms vir my inhou. My huis is waar my hart is & my hart sal vir altyd by Bhejane wees.
Deur: Kayla Pieterse
You must be logged in to post a comment.