Marli se laat aand leeu-loop.

Deur Marli van den Bergh

“Warwick dis tyd vir jou nagdiens…” breek Quintin se stem deur die koue. Met die ysige koue wat deur die loop van die aand in my tent in gekruip het, prober ek met ‘n swaar lyf uit my bed kom.

Die vuur het begin bedaar en ek besluit om nog hout te gaan haal sodat ek bietjie warm kan word.

Ek loop na die hout-hoop toe en kry my eerste lekker stuk hout, ek besluit om nog te kry wat ek langs die vuur kan op hoop vir later. Ek kry my tweede stuk hout en met die omdraai slag vang my flitslug twee gloeiende oë wat in die pad afgestap kom langs Graham en Robyn se huis… my liggaam word yskoud en ek voel die lewe uit my tap…

‘n Leeu wyfie, rustig en tyd-saam gaan staan so 15 m van my af weg.

Met ‘n benoude stem roep ek vir Graham oor die radio. Toe ek my weer kry is Graham langs my met sy .416 Remington… saam staan ons en kyk vir haar terwyl sy ons aanstaar met n swaar intensiteit en nuuskierigheid.  Na so 5 minute, wat vir my soos ure gevoel het, besluit sy om weer aan te gaan met haar nag mars en het weer in die skaduwee van die donkerte verdwyn.

IMGP2780

Leave a Reply