Veldgids Loopbaan Ontwikkelings-Program

Ons stel graag die Bhejane Loopbaan Ontwikkelings-Program bekend! n  Vars en visionêre benadering tot veldggids opleiding en opwindende byvoeging tot die Bhejane Kursus Portefeulje vir 2020.

Die program bevat 3 fases. n Fondasie fase, Ontwikkelings Fase en Goverderde Fase. Studente met geen vorige opleiding of ervaring begin by die Fondasie Fase.

Studente wat reeds basiese gidswerk of verwante kwalifikasies het kan begin by Fase 2 – die Ontwikkelingsfase. Die gevorderde fase is beskikbaar vir studente wat reeds fase 2 voltooi het, en verder in enige rigting wil spesialiseer, en ook  belangstel om werksondervinding te kry terwyl hulle onder mentorskap is.

Die program het n omvattende fokus en beoog om n diverse groep studente aan die industrie beskikbaar te stel. Studente het die geleentheid om in n verskeidenheid areas te spesialisser en gevolglik self te besluit hoe en waar hulle in die industrie inpas.

Die program sluit in as basis die syllabus en nasionale gids kwalifikasies van FGASA – die Veldgids Assosiasie van Suider Afrika.

Die FGASA komponente word verder gekomplimenteer deur n verskeidenheid spesialis en vaardigheids modules, wat die studente volledig voorberei vir n loopbaan in die Safari en Ekotoerisme industrieë.  Hierdie modules addreseer noodsaaklike werksgereedheid vaardighede soos  kommunkasie, konflikhantering, beplanning en organisasie in die werksplek, entrepreneurskap en die basiese diensvoorwaardes geldig in Suid Afrika.

Spesialis modules sluit in Natuurbewaring, Marienegids, Monitering en Veldnavorsings assistent, Spesialis stapgids, Spesialis voëlgids.

Die Spesialis modules kan ook as losstaande modules voltooi word buite die die konteks van die volle program vir gidse wat reeds voltyds werk.

Kontak ons vir die informasie paket en die 2020 registrasie datums, fooie en vorms.

Leave a Reply